Covid: vermindering van risiko is enigste manier, sê SA

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê die strategie van vermindering van risiko is die enigste lewensvatbare manier om die oordrag van Covid-19 te bekamp, veral wat die nuwe Omikron-variant betref. Dit volg te midde van die departement se onmiddellike opskorting van kontak-opsporing en kwarantyn, behalwe in gevalle waar mense die siekte by ‘n byeenkoms of in ‘n groep opgedoen het. Die buurland se adjunk-minister van Gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, sê hulle glo dit is die beste besluit vir die land in die stryd teen die virus: