Chinese amptenare aangekla vir Covid-verspreiding

Dosyne Chinese amptenare is gestraf nadat die Covid-19-virus in die ingeperkte stad Xi’an versprei het. Die land is met die oog op die Winter Olimpiese Spele in Februarie in die hoofstad Beijing op ‘n hoë vlak van gereedheid vir nuwe infeksies. Die Sentrale Kommissie vir Dissipline-inspeksie sê 26 amptenare van die Kommunistiese Party is gestraf nadat hulle nie genoegsaam opgetree het om ‘n uitbreek te voorkom en te beheer nie. Xi’an het vandag nog 49 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal in onlangse dae op meer as 250 te staan bring.