Curro maak privaat universiteit in 2023 in Whk oop

Curro Namibië, ‘n plaaslike maatskappy onder Curro Holdings wat in Suid-Afrika op die Johannesburgse effektebeurs gelys is, sê hy gaan voort met sy planne om ‘n privaat universiteit in Namibië te stig wat in 2023 die eerste inskrywings sal ontvang. Die universiteit sal volgens berigte in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch ‘n landbou fakulteit stig wat op Stampriet gesetel sal wees. Curro Namibië het reeds ‘n ooreenkoms met Stadio, wat plaaslik as ‘n tersiêre instelling geregistreer is, onderteken en werk nog aan ooreenkomste met Nust en Unam. Dit sal ‘n kleiner, ‘multi-universiteit’ wees.