Covid: Nuwe uitbreking op Hainan-eiland

China het 1 094 nuwe Covid-gevalle aangemeld in die jongste syfers, teenoor 939 wat 24-uur gelede bevestig is. Daar was geen nuwe sterftes nie, wat die land se sterftes op 5 226 hou. Die vasteland van China het ‘n kumulatiewe 232 109 gevalle met simptome bevestig. Die land tel simptomatiese gevalle apart van die sonder simptome. Beijing en Sjanghai het geen nuwe gevalle aangemeld nie, maar die Hainan-eiland sukkel egter met ‘n uitbreking en het tussen 1 Augustus en 9 Augustus 1 314 simptomatiese en 585 asimptomatiese gevalle aangemeld. Toeriste was eers daar vasgekeer maar, hulle mag nou in groepe die plek verlaat.