VSA-owerhede keur entstof vir aappokke goed

Die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie het Bavarian Nordic se Jynneos-entstof goedgekeur vir noodgebruik vir volwassenes met ‘n hoë risiko van besmetting deur die aappok-virus. Die VSA en die Wêreld-gesondheidsorganisasie het aappokke tot openbare gesondheidsnoodtoestand verklaar. Jynneos is in 2019 goedgekeur vir die voorkoming van pokkies en aappokke in hoë-risiko volwassenes van 18 jaar en ouer. Die kommissaris van die administrasie, Robert Califf, sê die inenting verteenwoordig die eerste nie-repliserende pokkies-entstof in Amerika: