Numsa ondersteun die bevordering van vroue

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, ondersteun die eise vir verhoogde befondsing vir skuilings, gemeenskapsgebaseerde dienste, meer geestesgesondheids-ingrypings en meer ekonomiese ondersteuning vir slagoffers van mishandeling en seksuele geweld. Die vakbond vra vir verhoogde wetstoepassing in die gemeenskappe sodat gewone vroue veiliger kan voel. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond eis verder dat diegene wat in hegtenis geneem word vir seksuele misdade nie borgtog kry nie: