Covid: Namibië het 112 onderwysers verloor

Die Namibiese Nasionale Onderwysersvakbond, Nantu, het ‘n beroep op alle onderwysers in die land gedoen om die Covid-inenting te neem. Sedert Covid in Namibië aangekom het, is 112 onderwysers reeds aan die virus dood. Loide Shaanika, die vakbond se sekretaris-generaal sê onderwys is hard getref deur die pandemie, veral tussen Junie en Julie met honderde gevalle onder sy geledere. ‘n Veldtog is van stapel gestuur om veral onderwysers te laat ent en sedert 25 Junie, het 600 die spuit geneem.