Covid-gevalle styg stelselmatig

Die aantal Covid-gevalle is weer besig om in Namibië en die buurland Suid-Afrika te styg. In Namibië is daar weer 872 aktiewe gevalle met 26 pasiënte in hospitale, waarvan ses in intensiewesorg-eenhede is. Die Namibiese gesondheidsministerie waarsku by monde van sy uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, dat die Covid-pandemie steeds in ons midde is. Met slegs 23 persent Namibiërs wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is, word inentings aangemoedig.