Eskom en vervolgingsgesag werk saam oor staatskaping

Die Nasionale Vervolgingsgesag en Eskom het onderneem om saam te werk aan staatkapingsake in die buurland. Die jongste inligting uit die verslag oor die ondersoek na staatskaping, wys gewese president Jacob Zuma het ‘n sentrale rol gespeel in die kaping van Eskom. Die nasionale direkteur van die gesag, Shamila Batohi, en die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het reeds samesprekings gehou. Die woordvoerder van die gesag, Mthunzi Mhaga, sê albei partye se hoogste prioriteit is om diegene wat verantwoordelik was, aan die man te bring: