Covid-entstowwe – laat kenners hulle oorwegings voltooi

Die DA in Suid-Afrika sê hoewel die party saamstem dat heelwat meer Covid-19 entstowwe beskikbaar gestel moet word, moet die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte toegelaat word om met sy wetenskaplike werksaamhede voort te gaan sónder enige politieke inmenging. Die party het die EFF se uitnodiging van die hand gewys om môre na die vereniging se kantoor op te ruk en aan te dring op die goedkeuring van die Sputnik V- en Sinovac-entstowwe. Siviwe Gwarube van die DA sê enige geloofwaardige reguleerder moet verhewe wees bo die politieke bekgevegte waarby die EFF Saphra nou wil betrek: