Zed Ngavirue sterf

Die spesiale gesant vir die volksmoord onderhandelings, dr. Zed Ngavirue is vanoggend oorlede. Hy was 88. Die Presidensie het sy afsterwe bevestig. President Hage Geingob het sy medelye uitgespreek en gesê dat Ngavirue die land in verskeie poste uitstekend gedien het. Ngavirue het onlangs die volksmoord onderhandelings met Duitsland voltooi. Dit word alom erken as van die moeilikste diplomatieke uitdagings sedert Namibië se onafhanklikheid.