Covid en skoolgeld… ouers skuld baie op skoolfondse

Nes in Namibië, is Suid-Afrikaanse ouers ook onder druk en die 2022-skooljaar begin binnekort, maar baie ouers kan nie hulle kinders se skoolgeld bekostig nie. Sommige ouers is in die skuld gedompel sedert die Covid-19-pandemie uitgebreek het. Meer as 2,2, miljoen mense het in die afgelope 18 maande in die buurland hulle werk verloor . Die uitvoerende hoof van die TPN-kredietburo, Michelle Dickens, sê die streng inperking het grootliks hiertoe bygedra:

Dickens sê sedert die begin van die pandemie het die betaling van skoolgeld in baie huishoudings nie voorkeur gekry nie omdat huishuur en verband-terugbetalings belangriker was. Sy sê by talle skole is tot 40 persent van skoolgeld nie betaal nie: