SAL-werknemers geraak deur staatskaping

Die vakbondfederasie Saftu sê werknemers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens het weens staatskaping hulle werk verloor en is in die steek gelaat. Die Zondo-kommissie se verslag toon meer as 3 000 werknemers het hulle werk by die SAL verloor terwyl SAL Tegnies besig is om tot 6 persent van sy werksmag af te dank. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dit is slegs ‘n voorbeeld van wat deels weens korrupsie by ander staatsinstellings gebeur: