Covid-19: 22 sterftes in 7 distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 22 Covid-sterftes in sewe distrikte aangemeld, asook 346 nuwe gevalle uit 1 815 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 19,1 persent verteenwoordig. In die groep is 30 leerders, 11 gesondheidswerkers, twee studente en een onderwyser. Daar is nou 10 612 aktiewe gevalle, waarvan 314 pasiënte in hospitale is en 26 in hoësorgeenhede. Altesaam 348 860 persone is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het sy teleurstelling uitgespreek oor die lae inentingskoers in die land.