SA suurlemoensapbedryf moet uitvoerinligting aan VSA voorlê

Die Suid-Afrikaanse suurlemoensap-bedryf moet inligting oor sy uitvoer van suurlemoensap-konsentraat na Amerika oor die afgelope paar jaar voorlê. Dit volg nadat ‘n sitrussap-vervaardiger van Kalifornië ‘n petisie aan die Amerikaanse regering gestuur het om ‘n teen-storting-heffing teen Suid-Afrikaanse suurlemoensap-konsentraat te versoek. Die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Vrugtesapvereniging, Rudi Richards, sê dis vir hulle ‘n groot verrassing, maar hulle sal ten volle met die Amerikaanse owerheid saamwerk. Hy sê hulle is nie in die bedryf om produkte te stort nie.