Covax het meer voorraad as wat vraag eis

Vir die eerste keer is daar meer voorraad by die Covax-fasiliteit as wat daar vraag is. Verlede jaar het ryk lande die meeste van die beskikbare inentings aangekoop en eers hul eie burgers in te ent, wat beteken minder as ‘n derde van die mense in lae-inkomstelande is tot dusver ingeënt vergeleke met meer as 70 persent in ryker lande. Namate aanbod en skenkings toegeneem het, staar armer lande egter hindernisse in die gesig, soos leemtes in kouekettings, entstof-huiwerigheid en ‘n gebrek aan geld om verspreidingsnetwerke te ondersteun. In Januarie het Covax, 436 miljoen entstowwe beskikbaar gehad om aan lande toe te ken, volgens ‘n dokument wat middel Februarie gepubliseer is. Maar daar is net belangstelling in 100 miljoen dosisse.