Cosatu verwelkom Volkswagen-belegging

Cosatu sê Volkswagen se belegging van 4-miljard Suid-Afrikaanse rand in sy Kariega-monteeraanleg in die Oos-Kaap is ’n teken dat regeringspogings deur middel van die Motorbedryf-meesterplan vrugte afwerp. Cosatu sê, hoewel hy die positiewe verwikkelings verwelkom, het die land baie meer aksie nodig. Matthew Parks van Cosatu sê die regering mag nie op sy louere rus nie terwyl Suid-Afrika ‘n werkloosheidsyfer van 41-persent het. Die ekonomie het ook baie aktiewe ondersteuning nodig in die aangesig van talle groot uitdagings: