Cosatu verwelkom nuwe wet op veldbrande

Cosatu sê hy verwelkom president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Veld- en Bosbrande. Die Wysigingswetsontwerp brei die vorming van brandbeskermingsverenigings uit, gee ‘n mandaat aan entiteite wat grond besit om aan te sluit, en verleen uitgebreide magte aan vredesbeamptes en tradisionele leiers. Die titel van die Wet is ook verander na die Nasionale Veldbrandwet. Cosatu se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê die wet is belangrik aangesien Suid-Afrika ‘n lang geskiedenis het van verwoestende brande.