Alaska se lugredery kry byna N$3-miljard na Boeing-deurprobleem

Boeing het Alaska se lugredery byna drie-miljard Namibiese dollar betaal om te vergoed vir verliese vandat ‘n deurstopper uitgeblaas is terwyl die lugdiens se Vlug 1282 in die lug was. Die lugredery sê hy verwag nog uitbetalings. Boeing se vliegtuie het onlangs ‘n reeks probleme ondervind. Alle Boeing 737-9 Max-vliegtuie mag daarom nie vlieg nie. ‘n Oudit van die reeks deur die Federale Lugvaartowerheid het op talle voorvalle afgekom waarin Boeing na bewering nie voldoen het aan vervaardigings-gehaltebeheervereistes nie.