Copps en Roadwatch vier saam met Stadspolisie

Windhoek Stadspolisie vier vandag amptelik 15 jaar van diens aan die gemeenskap in die hoofstad. ‘n Verskeidenheid van aktiwiteite word beplan en Kosmos se Copps 94.1 en Roadwatch sal deel wees van die straatoptog wat in Onafhanklikheidsrylaan sal plaasvind. Die Namibiese polisie se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga wens Windhoek Stadspolisie baie geluk en doen ‘n beroep op die beamptes om die stad met eerlikheid en lojaliteit te dien.