Elektrifisering plaaslik onder die loep

Die Namibiese ministerie van myne en energie gaan vandag ‘n slypskool vanaf half-agt vanoggend tot vanmiddag vier-uur by die Windhoek Buitekluboord aanbied. Die doelwit van die slypskool is om die konsepbeleid vir nasionale elektrifisering en befondsingsportfolio te evalueer. Rolspelers gaan hul insette hieroor lewer, sê Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie.