Geen geld vir Ramatex omskepping nie

Die omskepping van ‘n deel van die Ramatex-aanleg in die hoofstad as ‘n nooddiens Covid-sentrum is vertraag. Daar is nie fondse daarvoor nie. Stad Windhoek het in Augustus die goedkeuring gegee en die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku koördineer die projek. Volgens plaaslike berigte het Haufiku bevestig dat die partye wat die projek sou befonds onttrek het. Hy sê verskeie besighede het geld aangebied maar stel nie meer belang om saam met sy span te werk nie, maar eerder direk met die gesondheidsministerie. ‘n Totaal van 500 hospitaalbeddens sou deur die projek geskep word.