Coenie-hulle wag nou nog om te hoor van borg

Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal eers op 18 April uitvind of hulle borg sal kry of nie. Die twee het reeds op 2 April argumente gelewer in hulle formele borgaansoek wat oorspronklik op 20 Maart aangehoor sou word, maar uitspraak is steeds tot volgende Donderdag uitgestel. Botha en sy vrou, van CBI Exchange, word van bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar verdink. Hulle het volgens die staat die bankinstellingswet oortree. Die twee is op 11 Maart by Buitepos gearresteer.