Hardap-produsent gesels oor water-uitdagings

Kosmos 94.1 Nuus slaag nie daarin om die hoof van NamWater te bereik vir die jongste oor die moontlike sluiting van die besproeiing vanuit Hardapdam nie. Volgens ‘n mielieprodusent by die skema, was daar invloei en die dam is tans 13 persent vol, wat 38,4 miljoen kubieke meter water verteenwoordig. Terwyl daar verlede week 2,3 miljoen kubiek benut is vir besproeiing is daar hoop vir produsente, sou minder water onttrek word. Kosmos het met akkerbouer Gerbus van Wyk gesels.