Afrika moet leierskap neem om landbou te ontwikkel

Die direkteur-generaal van die Internasionale Instituut vir Tropiese Landbou, Nteranya Sanginga, sê Afrika-regerings en belanghebbendes moet leierskap neem en landbou op die vasteland ontwikkel. Sanginga sê dit is jammer dat die meeste Afrika-regerings steeds afhanklik is van hul voormalige koloniale nasies met die ontwikkeling van landbou. Hy sê die landbousektor het die vermoë om ekonomies bestendig te wees indien die regte begrotings en beleid ingestel is. Sanginga het met die media gepraat tydens sy afskeids-nuuskonferensie by die instituut se hoofkwartier in Ibadan, Nigerië.