Chobe-skietery ontaard in diplomatieke herrie

Die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef in November verlede jaar ontaard in ‘n diplomatieke herrie. Die onlangse nadoodse ondersoek wat in die buurland gehou is, het groot kritiek uitgelok en aktiviste van veral die Namibian Lives Matter-beweging meen die Botswana weermag is bo die reg verhewe en sal niks oorkom nie. ‘n Onlangse ondersoek deur die Nasionale Raad se staande komitee het ook bevind dat aantygings deur die Namibian Lives Matter-beweging is korrek dat Namibiërs in vrees lewe, sowel as die feit dat die NDF se rol in die Zambezi-streek onduidelik is. Nou het die buurland se minister van internasionale betrekkinge Lemogang Kwape gesê dat hy homself verbind tot ‘n oplossing. Sy aanmerkings kom na die verslag van die komitee bekend gemaak is. Hy sê Masisi se regering ag Namibië as ‘n goeie vriend en dat die kwessies wat deur die komitee geopper is, aandag geniet.