Chinese sokkerspelers moet tatoeëermerke verwyder of toemaak

Chinese owerhede het ‘n verbod op tatoeëermerke op die land se nasionale sokkerspelers geplaas en die wat reeds van die merke het, is opdrag gegee om hulle of te verwyder of toe te maak. Die regering meen die spelers moet ‘n goeie voorbeeld vir die gemeenskap wees. ‘n Toenemende hoeveel spelers het verskeie tatoeëermerke, ook op hulle arms en bene, wat sigbaar is op die veld. Die liggaam vir sportadministrasie in die land sê die nuwe maatreëls sal streng toegepas word met ‘n dissiplinêre kode wat reeds geskep is.