SA: alle Covid-maatreëls weer ingestel

Suid-Afrikaanse gesondheidsowerhede het ‘n ommekeer gemaak en al die Covid-maatreëls in verband met kwarantyn en negatiewe toetse, sowel as kontak-opsporing weer ingestel. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, Angelique Coetzee, sê hulle is teleurgesteld oor die departement van gesondheid se besluit. Coetzee sê ‘n anonieme belanghebber het druk op die departement uitgeoefen om dié besluit te neem. Sy sê in haar verklaring belanghebbendes behoort aan te dui op watter wetenskaplike gronde hulle hul aanbevelings baseer.