China staan by Rusland… waar’s Afrika?

Die konflik in die Oekraïne blyk om weer die wêreld tussen oos en wes, sogenaamde demokrasie en outokrasie, te verdeel en dit maak dinge vir Afrika moeilik. Die Chinese ambassade het getwiet dat van die 248 gewapende konflikte wat regoor die wêreld, wat in 153 streke plaasgevind het tussen 1945 en 2001, was 201, of 81 persent deur die VSA aangevuur. Dit is duidelik dat China agter Rusland staan maar wat maak Afrika dan? Ideologies is ons, en Suid-Afrika by China en Rusland, en ekonomies is ons nader aan die EU, Brittanje en die VSA. Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage het dit vroeër so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.