Kitsbank in Mpumulanga gesteel… die hele kitsbank…

Twee mans gaan volgende week in Secunda, Mpumalanga, in die hof verskyn nadat hulle na bewering ‘n kitsbank gesteel het. Die polisie sê sowat vyf mans het ‘n kiosk by ‘n vulstasie in Charl Celliers in die provinsie bestorm en die werknemers met vuurwapens aangehou. Sommige van hulle het koeëlvaste onderbaadjies gedra en hulle was bewapen met swaarkaliber vuurwapens. Die aanvallers het die kitsbank met geweld verwyder, op ‘n sleepwa gelaai en weggejaag, maar twee van hulle is na ‘n jaagtog aangekeer. Hulle word aangekla van ‘n sakeroof.