Ski-kampioenskappe in Rusland gekanselleer

Al die oorblywende Wêreldbeker-ski-byeenkomste in Rusland vir dié seisoen is gekanselleer of elders verskuif ná die inval in die Oekraïne. Die sport se beheerliggaam, FIS sê sommige deelnemers was reeds in Rusland vir Wêreldbeker-byeenkomste wat die naweek sou plaasvind. Die FIS werk aan hul vinnige terugkeer huis toe. Die stap het gekom nadat Noorweë, wat boaan die medaljetabel geëindig het in die onlangse Beijing Winter Olimpiese Spele, en Swede gesê het hulle sal nie spanne na byeenkomste in Rusland stuur nie.