Cher en Mary J Blige betree die Rock & Roll Hall of Fame

Cher en Mary J Blige is van die kunstenaars wat gekies is om in die Rock & Roll Hall of Fame opgeneem te word. Agt kunstenaars is erken toe die 2024 Rock & Roll Hall of Fame-induksies aangekondig is. Die nuus is tydens die jongste episode van American Idol onthul. Die gasheer, Ryan Seacrest, en beoordelaar Lionel Richie, wat self in 2022 in die Hall of Fame opgeneem is, het die eer gekry om dit aan te kondig.

Die lys van agt kunstenaars sluit in pop-superster Cher, Peter Frampton, Foreigner en Ozzy Osbourne, The Dave Matthews Band, Mary J. Blige en A Tribe Called Quest.

Om in aanmerking te kom, moet ‘n individuele kunstenaar of musiek-groep hul eerste kommersiële opname ten minste 25 jaar voor die jaar van nominasie vrygestel het. Die bekroondes word amptelik op Saterdag, 19 Oktober in die Hall of Fame opgeneem.

Foto:Verskaf