Capricorn Corner kry groen gebou-sertifisering

Die Capricorn Corner-gebou, die Capricorn-groep se moderne kantoorfasiliteite in Klein Windhoek, het ‘n EDGE Advanced groen gebou-sertifisering verwerf. Dit is ‘n sertifisering deur die International Finance Corporation, die privaatsektor-tak van die Wêreldbankgroep. Dit is die eerste internasionaal erkende operasionele gebou wat EDGE-gesertifiseer is in Namibië. Die prestasie sluit ook by vanjaar se Wêreld Aarde-dag aan, wat vandag gevier word, en beklemtoon die groep se vordering in omgewingsrentmeesterskap. Capricorn-groep se hoof van volhoubaarheid, Ruan Bestbier, gee meer inligting oor die toekenning.