Chaos breek by Luthili-huis uit

Chaos het voor Luthuli-huis uitgebreek toe lede van die ANC-jeugliga, lede van die DA verjaag het toe hul probeer het om terug na hul motors toe te stap. Die ANC-jeugliga was gewapen met stokke, sambokke en skokstokke. Die opposisieparty het vandag met ‘n optog begin om teen kragonderbrekings te betoog. ‘n Lid van die ANC se nasionale jeugtaakspan, Nonceba Mhlauli, het vir kalmte gevra te midde van betogings regoor die land.