Tennis: Djokovic onstuitbaar

Tennis: Novak Djokovic lyk onstuitbaar nadat hy sy plek in die halfeind van die Australiese Ope bespreek het. Die 35-jarige Serwiër is die groot gunsteling om ʼn tiende titel in Melbourne te wen nadat hy die Rus, Andrey Rublev met 6-1, 6-2 en 6-4 geklop het. Die ongekeurde Amerikaner, Tommy Paul is sy volgende teenstander, maar Djokovic sal nie maklik gestuit word nie.