Cenored sê modder kelder kragvoorsiening

Modder verhoed blykbaar kragvoorsiening vir Cenored. Die noordelike streke, insluitend die Otjozondjupa-streek, het in plekke goeie reën gekry wat goeie nuus is, maar vir kragvoorsiening is dit ‘n nagmerrie. Cenored kry gereeld oproepe van die publiek wat kla dat hul elektrisiteit af is weens weerlig. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte, gesels wat sê dit stel ‘n uitdaging in terme van kragherstel omdat hul voertuie dikwels in die modder vassit wanneer hulle op pad is om die krag te herstel.