Farell sluit aan by Racing 92

Die Franse Top 14-span, Racing 92, het bevestig hy het ʼn ooreenkoms met Engeland en Saracens se losskakel, Owen Farrell, onderteken. Die tweejaar-kontrak is geldig vanaf die einde van die 2023/2024-seisoen. Die 32-jarige speler neem tans weens sy geestesgesondheid ʼn blaaskans van toetsrugby. Farrell het 112 keer vir Engeland uitgedraf en sy hele loopbaan, sedert hy 17 was, vir Saracens gespeel. Sy besluit om na Frankryk te gaan, beteken hy sal volgens die Rugbyvoetbalunie se huidige regulasies nie vir Engeland kan speel nie.