Cele verwelkom vonnis van onluste-plunderaar

Die buurland se polisieminister, Bheki Cele, het die vonnisoplegging van een van die aanstigters van die burgerlike onrus in Julie 2021 verwelkom. Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het Mdumiseni Zuma tot 12 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is. Hy is in September skuldig bevind op aanklagte van openbare geweld en aanhitsing om brandstigting te pleeg. Die aanklagte word verbind met die wydverspreide plundery en vernietiging wat tydens die onrus by die Brookside Winkelsentrum in Pietermaritzburg plaasgevind het. Cele sê hy hoop meer opstokers sal gevonnis word: