Cele sê almal moet kwaad wees as polisie geskiet word

Terwyl daar talle klagtes teen lede van die Suid-Afrikaanse polisie is oor oordadige geweld, sê die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, die mense van Suid-Afrika moet almal kwaad wees en optree teen die moorde op polisielede. Dit volg na die moord op die 55-jarige stasiebevelvoerder van die Elukwatini-polisiekantoor in Mpumalanga. Kolonel Beauty Marivate is op die 30ste van verlede maand doodgeskiet toe ‘n gewapende bende op haar voertuig losgebrand het. Sy was besig om te reageer op ‘n inbraak by ‘n supermark. Cele se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê Marivate laat vier kinders en nege kleinkinders agter: