Spanwerk is ons grootste uitdaging – Thieme

Sake-eienaars beskou die jaar 2022 as die jaar van herstel in weerwil van die sogenaamde ‘nuwe normaal’ in die lig van die Covid-19 pandemie. Dit sal egter ‘n uitdagende jaar wees vir besighede om te herstel veral met die sukkelende ekonomie. Sven Thieme, die voorsitter van die O&L-groep, sê spanwerk is nou die grootste uitdaging.