Eskom-bedryfshoof: Beurtkrag kan na hoër vlakke verhoog word

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê daar is ‘n moontlikheid dat beurtkrag tot hoër vlakke verhoog sal moet word as die huidige staking voortduur. Beurtkrag is vanoggend tot fase vier verhoog. Oberholzer het op ‘n nuuskonferensie gesê verskeie kragstasies word geraak deur die onwettige arbeidsoptrede. Hy sê Eskom is gedwing om die hantering van steenkool by kragstasies tot bestuurbare vlakke te verlaag omdat personeellede geïntimideer word om by die staking aan te sluit.