August 26 ‘laat die regering die land plunder’

Die verslag oor Namibië se voldoening aan die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte is deur Namibiese burgerlike samelewing-organisasies aan die VN se Menseregtekomitee voorgelê. Die verslag beklemtoon verskeie mislukkings in verband met die bekamping van korrupsie, hoewel die regering homself gereeld op die skouer klop oor sy stryd teen die euwel. August 26, ‘n regeringsmaatskappy, en beweerde korrupsie van 24 miljoen Namibiese dollar, word by die naam genoem in die verslag. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, oor die geval van August 26 gepraat.