Capitol-opstand beeld vlak van politieke besprekings in VSA uit

Amerikaanse oudpresident Donald Trump het ‘n mediageleentheid gekanselleer wat hy sou hou op die eerste herdenking van die dodelike Capitol Hill-oproer vandag. Trump het glo beplan om die oproeriges te verdedig tydens die geleentheid, wat hy by sy gholfklub Mar-a-Lago in Palm Beach, Florida, sou hou. Op 6 Januarie 2021 het honderde van Trump se ondersteuners die Capitol bestorm en owerhede het reeds aan die begin van die week sekuriteit in die gebied begin verskerp. Volgens Brooks Spector, ‘n kenner van Amerikaanse politiek, is die gebeure van daardie dag simptomaties van hoe verdeeld die Amerikaanse gemeenskap is.