WGO het geen kommer oor Franse-variant nie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ‘n variant wat in Frankryk gevind is, het nie ‘n groot bedreiging geword sedert dit die eerste keer in November verlede jaar geïdentifiseer is nie. Die variant is fyn dopgehou en gemonitor deur die WGO en het volgens die organisasie genoeg tyd gehad om werklik te versprei. Die variant is by 12 mense in die suidelike Alpe geïdentifiseer ongeveer dieselfde tyd wat Omikron in Suid-Afrika ontdek is en Omikron het gevalle regoor die wêreld oorgeneem. Die Franse een word informeel IHU genoem, na die navorsingsinstituut waar dit geïsoleer is.