Byna 300 nuwe Covid-19-gevalle vandag

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 295 nuwe Covid-19-gevalle in 12 streke uit 1 417 toetsresultate aangekondig. In die groep is 27 leerlinge, 17 gesondheidswerkers en 10 onderwysers. Altesaam 244 mense het herstel en daar is 2 587 aktiewe gevalle met 230 pasiënte wat gehospitaliseerd is, waarvan 50 in hoësorg-eenhede is. Tien mense het onderskeidelik in Windhoek, Gobabis en Karasburg gesterf.