Bulle en WP takel mekaar vanaand in Curriebeker

Rugby: Drie Curriebeker-Premierliga-kragmetings word vandag beslis. Die Pumas en die Leeus speel in die Mbombela-stadion en daarna gaan Griekwas die Haaie in Kimberley verwelkom. Vanaand word ‘n reuse-stryd in Pretoria verwag tussen die aartsvyande, die Bulle en Westelike Provinsie. Die Cheetahs is tans bo-aan die punteleer, gevolg deur die Bulle, die Haaie en Griekwas. Daarna volg die Pumas, WP en die Leeus.