Stad Johannesburg stel terug werk toe-beleid in

Stad Johannesburg het van die begin van die maand  ‘n 100 persent terug werk toe-beleid ingestel. Die instelling van inperkings in reaksie op die Covid-pandemie het die stad gedwing om sy bedrywighede te verminder om werknemers te beskerm. Die lid van die burgemeesterskomitee vir groep-korporatiewe en gedeelde dienste, Leah Knott, sê die veelparty regering het ‘n sogenaamde Goue Begin-strategie ingestel wat inwoners die dienslewering gee wat hulle verdien. Knott voeg by instap-sentrums, inbelsentrums en streeksdepots sal altyd ten volle in werking wees.