Bulle draf Zebre kaf, Leeus nie so gelukkig nie

Die Bulle het ses drieë ingeryg vir ‘n klinkende oorwinning van 45 -7 in ‘n Verenigde Kampioenskapswedstryd gisteraand teen Zebre in Parma. Die Italiaanse span wat heel laaste op die punteleer is, het hulle 20ste agtereenvolgende nederlaag gely. Die Leeus se betreurenswaardige vertoning in die kampioenskap het voortgeduur met vyf agtereenvolgende nederlae. Die Ierse span van Leinster wat boaan die punteleer is het hulle in Dublin met 21-13 verslaan. Die Stormers speel vanmiddag teen Connacht in Galway en die Haaie kom teen Benetton in Italië te staan.