Nam-studente in die Oekraïne moet self sien kom klaar

Twintig Namibiese studente in die Oekraïne was gisteraand onderweg na Pole op hul eie onkoste. Die studente blameer die Namibiese regering wat nie hulp aan hulle verleen nie. Hulle sê hulle sukkel om uit die oorloggeteisterde Oekraïne te kom en hulle is nie seker of hulle Pole veilig gaan haal nie. Een van die stede op hul roete, Lviv, is onder aanval van Russiese magte. Verder het glo net een van die 92 Namibiese studente veilig in Pole aangekom voordat die Russiese inval begin het.