Bruinbeer maak amok in Japan

Jagters het vandag ‘n bruinbeer in die woude buite Sapporo in Japan doodgeskiet ná die dier amok in die stad gemaak het. Skole is gesluit en vlugte na die stad is inderhaas gekanselleer. Volgens internasionale media het die beer vier mense beseer.